Fezile Dabi-distrik ‘n brandpunt vir geslagsgebaseerde geweld
SASOLBURG - Adjunkminister in die Presidensie, Pinky Kekana, het oortreders van geslagsgebaseerde geweld gewaarsku oor die impak van hul gedrag op hul slagoffers. Kekana het onlangs in Zamdela, in die Vrystaat, deelgeneem aan 'n dialoog oor geslagsgebaseerde geweld. Sy het die belangrikheid van gemeenskapsbetrokkenheid beklemtoon in die stryd teen wat beskou word as 'n tweede pandemie wat die land teister. Sy het gesê dit is 'n bewys van swak aanspreeklikheid dat die Fezile Dabi-distrik 'n brandpunt is, en het 'n beroep gedoen op samewerking van alle belanghebbendes.
FOTO: (Verskaf)
