Ford Credit ook geaffekteer deur Absa datalek
VAALDRIEHOEK - Die motormaatskappy Ford het aangekondig dat hulle ook getref is deur ʼn persoonlike data-lekkasie. Dit volg kort na Absa Bank se aankondiging dat ʼn werknemer met eksterne partye saamgespan het en kliënte se persoonlike inligting uitgelek het. Ford Credit het ’n aantal bestaande en voormalige kliënte gister ingelig dat hul persoonlike inligting uitgelek het. Ford sê die datalek het ID-nommers, adresse en selfoonnommers ingesluit. Dit blyk die datalekkasie wat Absa gister vroegoggend aangekondig het, is een en dieselfde as die een waarin Ford-kliënte se inligting uitgelek is. Absa het vroegoggend aangekondig hy het strafregtelike klagte ingedien teen ’n werknemer wat na bewering van sy kliënte se data uitgelek het. Net ’n “klein deel van Absa Suid-Afrika se kliëntebasis” is geraak. Die datalekkasie was nie ’n geval van kuberkrakers was wat by die maatskappy se stelsels ingebreek het nie. Besturende direkteur van Ford Credit, Kerry Henderson, beskryf dit as ’n “geïsoleerde interne datalekkasie”. Almal wie se data uitgelek is, word persoonlik gekontak.
FOTO: (Verskaf)
