VAALDRIEHOEK - Die Activists and Citizens Forum sê die elektrisiteitsverhoging van 12,74%, tesame met die styging in brandstofpryse, sal 'n verwoestende uitwerking op die reeds sukkelende ekonomie hê. Die forum voorspel meer ondernemings gaan hul deure sluit, met die lewenskoste en onbekostigbare kos wat die armes die ergste sal raak. Die woordvoerder, Dennis Bloem, sê die ANC-regering het heeltemal misluk in sy belofte van 1994 van 'n beter lewe vir almal. Hy sê in werklikheid raak die lewe net moeiliker onder die huidige regering.
FOTO: (Verskaf)
Comments