Search

Gauteng Departement van Gesondheid berei voor vir reuse Covid-19 stormloop

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Gesondheid in Gauteng is besig met voorbereidings vir ‘n reuse-stormloop pasiënte, as gevolg van die COVID-19-getalle wat drasties in die provinsie toeneem. Meer as 13 000 nuwe gevalle is die afgelope naweek in Gauteng aangeteken, wat die totale aantal positiewe gevalle op 63 404 te staan bring. 71 nuwe sterftes is ook die afgelope naweek aangeteken, wat die totale aantal COVID-19-sterftes in die provinsie tot 353 te staan bring. ‘n Gesondheidspraktisyn in Soweto, Dokter Mtwakwazi Bula, sê namate die getalle toeneem, moet burgers daarvan bewus gemaak word dat COVID-19-toetse gereserveer moet word vir diegene wat simptome van die virus toon.

FOTO: (Verskaf)


6 views