Gauteng het 4,000 nuwe koronavirus-gevalle per dag
VAALDRIEHOEK - Gauteng se premier, David Makhura, sê die provinsie het nou elke dag 4,000 nuwe Covid-19-gevalle en die hoogtepunt word teen die einde van Januarie tot in Maart verwag. Makhura het by ‘n padblokkade by die Grasmere-tolhek gepraat. Hy sê owerhede verkies om mense by padblokkades te sif en dié wat nie lekker voel nie, word aangeraai om hulle by die tydelike toetsstasies te laat toets wat op die persele opgerig is. In die Sedibeng, of sogenaamde Vaaldriehoek distrik die laaste 24uur is 92 nuwe COVID-19 gevalle in Emfuleni aangemeld, 23 in Midvaal area en 11 in die Lesedi area.
FOTOS: (Gauteng Health Department)


