Gauteng inwoners genooi om deel te neem aan GPF groepe
VAALDRIEHOEK - Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid verwelkom die provinsie se nuutgestigte misdaadbekampingseenheid. Die komitee sê met die bekendstelling van die eenheid sal 4,000 misdaad-voorkomings-bewaarders in gemeenskappe ontplooi word, veral in townships, informele nedersettings en hostelle. Die voorsitter, Bandile Masuku, doen ‘n beroep op inwoners om hulself te organiseer en deel te neem aan programme soos gemeenskapspolisiëringsforums om die regering se pogings aan te vul om misdaad doeltreffend te bekamp.
FOTO: (Verskaf)
