Gauteng inwoners moontlik geaffekteer deur SAMWU staking by Rand Water
VAALDRIEHOEK - Meer as 15 miljoen inwoners in Gauteng kan sonder water gelaat word wanneer die munisipale werkersvakbond, SAMWU van môre af onbepaald by Rand Water begin staak. SAMWU, die land se grootste vakbond in die plaaslike regeringsektor, het gesê dat hy sal betoog nadat die waterverskaffer na bewering sy diensvoorwaardes verander het. Die staking kan belangrike ekonomiese sektore soos vervaardiging, mynbou en landbou, wat ongeveer 60 persent van alle beskikbare water in die land vir besproeiing gebruik, lamlê. DA Raadslid in Emfuleni , Elize Aucamp, het die Emfuleni munisipaliteit gevra of inwoners bekommerd moet wees oor watertoevoer, waarop hulle geantwoord het dat dit eers duidelik sal wees na onderhandelinge tussen Rand Water en die unie. Aucamp moedig inwoners dus aan om 10liter skoon water eenkant te hou vir ingeval die watertoevoer beinvloed word.
FOTO: (Verskaf)
