top of page
Search

Gauteng is Suid-Afrika se voertuigmisdaad-brandpunt

VAALDRIEHOEK - Volgens Tracker se jongste Voertuigmisdaad-aanwyser wat die tydperk vanaf Januarie tot Junie dek, is Gauteng Suid-Afrika se voertuigmisdaad-brandpunt. Nasionale voorvalle is terug tot waar dit voor Covid-19 was. Die aanwyser versamel inligting vanaf Tracker se toestelle wat geïnstalleer is in meer as 1,1-miljoen voertuie. Dit toon misdaad neem steeds toe in Gauteng, wat verantwoordelik is vir 61% van nasionale Tracker-voorvalle, teenoor 58% wat in die laaste helfte van 2021 aangeteken is. KwaZulu Natal is volgende met 17% van die totale voorvalle, en die Wes-Kaap is op 8%.

FOTO: (Verskaf)


3 views0 comments
bottom of page