Search

Gauteng, KZN en Wes-Kaap dalk langer ingeperk

VAALDRIEHOEK - Gauteng, KwaZulu-Natal, en die Wes-Kaap sal heel moontlik langer in ‘n staatsinperking bly weens die hoë COVID-19-infeksiesyfers. Die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Dr. Nkosozana Dlamini-Zuma, het gister gesê die staat sal nie die inperking eenklaps landwyd verlig nie. Sy het ook bygevoeg dat daar steeds ‘n verbod op die verkope van warm kos, drank, en sigarette is. Die verbod sal bly omdat die verslapping van die reël sal veroorsaak dat mense in hul hordes na die winkels stroom en sodoende die inperkingsregulasies oortree. Dlamini-Zuma sê hulle wil vermy dat talle mense besmet word en die gesondheidstelsel oorweldig word.

FOTO: (Verskaf)


143 views
Listen Live.jpg