top of page
Search

Gauteng plasingstydperk vir leerders in Graad 1 en Graad 8 begin vandag

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Onderwys in Gauteng sê die plasingstydperk vir leerders in Graad 1 en Graad 8 begin vandag en duur tot 30 November. Die departement sê diegene wat aan die vereistes voldoen sal per SMS in kennis gestel word. Meer as 700,000 aansoeke vir 2023 is aanlyn ontvang. Laat aansoeke sal van 1 tot 15 Desember oorweeg word. Volgens die LUR vir Onderwys, Panyanza Lesufi, is daar is 275 laerskole met buitengewoon baie aansoeke. Onder die hoërskole het 221 ‘n groot getal aansoeke ontvang.

FOTO: (Verskaf)


4 views0 comments
bottom of page