Gauteng polisie het meer as ‘n duisend verdagtes vasgetrek vir verskeie misdade
VAALDRIEHOEK - Die polisie in Gauteng het meer as ‘n duisend verdagtes in die provinsie vir verskeie misdade vasgetrek ná operasies om wetteloosheid in sekere brandpunt-gebiede aan te pak. Die Gautengse LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, het by ‘n operasie deur senior SAPD-lede aangesluit om aangepaste regulasies vir die vlak twee-inperking toe te pas. ‘n Woordvoerder, Mavela Masondo, het bevestig dat die inhegtenisnames in Sedibeng, Ekurhuleni, aan die Wes-Rand en in Tshwane uitgevoer is.
FOTO: (Verskaf)
