Search

Gauteng Premier sê Gautengers gebruik gans te veel water

VAALDRIEHOEK - Die Gautengse premier, David Makhura, het vandeesweek in sy provinsiale rede gesê Gautengers moet baie minder water gebruik. Hy het gesê Gautenger inwoners gebruik gemiddeld 300 liter per persoon per dag wat heelwat bo die wêreldgemiddelde van 173 liter per dag is. Makhura sê ons waterverbruik is nie volhoubaar nie en ons moet dringende stappe doen om die vraag na water en die mors daarvan te verminder. Hy sê verder die Gautengse regering sal sy belegging in grootmaat-waterinfrastruktuur verhoog. Volgens Makhura het die Gautengse regering in 2019 die Gautengse stads- en streek-observatorium gevra om ’n waterveiligheidsplan vir die provinsie en omliggende gebiede te ontwikkel. Die plan is amper klaar en sal in Mei bekend gestel word. Hy sê ook hulle gaan nuwe en slimtegnologie in werking stel om alle grondwater, water vir hergebruik of afvalwater vir ander doeleindes te gebruik, die behandeling van suurwater in die myne en die opvang van reënwater. FOTO: (Verskaf)


0 views
Listen Live.jpg