Search

Gauteng se aanlyn skoolaansoeke open op 22 Julie vir 2023 se Graad 1’s en 8’s

VAALDRIEHOEK - Die Gautengse departement van onderwys se aanlyn skoolaansoeke vir die 2023-akademiese jaar open vanjaar eers op 22 Julie. LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, sê die aanlyn registrasieproses sal vanjaar in een fase geskied, anders as verlede jaar. Hy het ouers ook gerusgestel dat daar verbeterings aan die stelsel aangebring is om die aansoekproses te vergemaklik. Lesufi sê aansoekers sal ook vanjaar ingelig word oor die taal waarin ‘n bepaalde skool klasgee wanneer hulle aansoek doen. Die onderrigtaal, huistale en addisonele tale wat deur elke skool aangebied word sal tydens die aansoektydperk op die stelsel sigbaar wees. Hy sê aansoekers sal ook by enige skool van hul keuse kan aansoek doen. Ouers van Graad R leerlinge moet ook aansoek doen- die leerders skuif nie outomaties oor na Graad 1 nie, selfs al doen hulle aansoek by die skole waar hulle tans ingeskryf is. Aansoeke vir alle Graad 1 en Graad 8 leerders sal op 22 Julie om 08:00 open.

FOTO: (Verskaf)


5 views0 comments