Gauteng se Veiliger Feesseisoen veldtog bekendgestel in Vanderbijlpark
VANDERBIJLPARK - Die Gauteng Provinsiale Kommissaris, Lt Gen Elias Mawela, saam met die Gautengse LUR van Gemeenskapsveiligheid, Me Faith Mazibuko, en die Premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het vandag die provinsie se Veiliger Feesseisoen veldtog bekendgestel in Vanderbijlpark. Vennote en belanghebbendes wat saam staan in die geveg teen misdaad in hul gemeenskappe het weereens hulle toewyding bevestig om saam met die polisie te werk. Die Gauteng Departement van Gemeenskapsveiligheid het ook mobiele polisiestasies en nuwe karre geskenk aan die polisie om die gemeenskap te dien.
FOTO's: (SAPD)




