Gauteng Waterpolisiëring se duikers vind 28 liggame
- 90.6 FM News
- Jan 23
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Gauteng Waterpolisiëring- en duikdienste het sedert die begin van Desember tot die 19de van hierdie maand 28 liggame op verskeie plekke in die provinsie gevind. Lede word elke Desember daagliks by die Bronkhorstspruit-dam, die Roodeplaat-dam en die Vaaldam ontplooi. ʼn Polisiewoordvoerder, Grant Giblin, sê swaar reën en oorstromings het bygedra dat lede tien duikoperasies om liggame te herwin, en 17 reddings- en herwinningsoperasies moes uitvoer.
Comments