Search

Gautengers was die gehoorsaamste tydens Vlak 5 inperking

VAALDRIEHOEK - MiX Telematics Africa sê motoriste in Gauteng was tydens die eerste vyf weke van inperking die gehoorsaamste en het 64% minder rondgery as die maand vóór die inperking. MiX Telematics, wat bestuurstelsels vir voertuigvlote verskaf, monitor sowat 600 000 voertuie in Suid-Afrika, wat 250 000 handelsvoertuie insluit. Besturende direkteur, Gert Pretorius, sê volgens Netwerk24 landwyd het meer as 50% van motoriste minder as 5 km per dag gedurende die inperking gery.Hy sê Wes-Kapenaars se ritte het in April met 61% afgeneem en in die Vrystaat het motoriste 56% minder gery. Pretorius sê data van handelsvoertuie toon voertuigdiefstal was gedurende die nasionale vlak 5-inperking 76% laer as in die maand voor die inperking. Daar was ook ’n afname van 66% in vragmotorverwante ongelukke, en voorvalle waarin hierdie bestuurders hul noodknoppie gebruik was 52% laer.

FOTO: (Netwerk24)


43 views