Gautengse Gesondheid meld 86 bevestigde maselsgevalle aan
GAUTENG - Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê altesaam 86 bevestigde maselsgevalle is reeds in die provinsie aangemeld. Daar is 62 gevalle in die Ekurhuleni-distrik, nege in Johannesburg, 11 in Pretoria, en vier aan die Wes-Rand. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê meer as 1,3-miljoen kinders is tot dusver in die provinsie ingeënt. FOTO: (Verskaf)
