Gautengse polisie sê operateurs van skoolvervoer moet sorg dat hul voertuie padwaardig is
- 90.6 FM News
- Jan 15
- 1 min read
VAALDRIEHOEK - Gauteng se verkeerspolisie het met die aanvang van die 2025-skooljaar vandag gesê vervoeroperateurs moet sorg dat hul voertuie padwaardig is. Talle leerlinge was verlede jaar in ongelukke betrokke as passasiers van voertuie vir skoolvervoer, soos die 42 leerlinge van die Relebogile Sekondêre Skool in Carletonville. 'n Polisiewoordvoerder, Sello Maremane, sê onpadwaardige voertuie sal geskut word en bestuurders sonder permitte sal vervolg word.
Comments