Search

Gautengse premier ignoreer pleidooie van benadeelde skool om die vernietiging daarvan te stop.

Die Hoërskool Phoenix in Vereeniging het AfriForum se Privaatvervolgingseenheid vir dringende hulp genader, omdat die Gautengse Onderwysdepartement (GDO) bloot hul desperate pleidooie geïgnoreer het dat dele van die skool se sportterrein gaan vernietig word om plek te maak vir besighede. Konsultasies met die Skoolbeheerliggaam het onreëlmatighede in die verkoop van grond in staatsbesit en moontlik volslae korrupsie aan die lig gebring. Volgens die skool se beheerliggaam is bewyse gelewer wat toon dat die skool en sy infrastruktuur sowat 'n dekade gelede vir ‘n skrale bedrag van R650 000 aan die Sedgars-groep van maatskappye verkoop is, tesame met 'n huurooreenkoms vir 'n maandelikse huurbedrag van R180. 000 per maand aan Sedgars. ’n Eenvoudige berekening toon dat Sedgars teen die beëindigingstydperk van Januarie 2026 ten minste R32 miljoen se huur van die Gautengse departement van onderwys verdien het, van grond wat eens deur die regering besit was en onder oënskynlik twyfelagtige omstandighede verkoop is. Hoof van die eenheid, adv. Gerrie Nel het gesê die grondeienaars het al die nodige stappe voltooi om die gebied in 'n sakegebied te ontwikkel en die ontblote feite wek ongetwyfeld die vermoede dat iemand uit die transaksie bevoordeel is.





17 views0 comments