Gedenkdiens vir geliefde Overvaal meneer word môre gehou
- 90.6 FM News
- Mar 5
- 1 min read
VEREENIGING - Medelye stroom steeds in op sosiale media nadat ‘n plaaslike hoërskool die onverwagse sterfte van ‘n geliefde meneer bekend gemaak het. Hoërskool Overvaal het Sondag op sy Facebook-blad bekend gemaak dat die 27-jarige Meneer Stiaan Pistorius op Saterdag, 1 Maart 2025, oorlede is. Die skool sê sy passie vir rugby en sy opregte omgee vir die leerders het ’n blywende indruk gelaat. Overvaal sê hy laat ‘n groot leemte in hulle skool en harte, maar hulle sal hom altyd onthou vir sy grappies, sy harde werk op die terrein, sy omgee en vir die ongelooflike mens wat hy was. Die skool het sy medelye aan sy familie en vriende in hierdie moeilike tyd betuig. Ander Vaaldriehoek skole en entiteite, insluitend Hoërskool Driehoek en Valke Rugby Referees, het ook boodskappe van medelye op sosiale media gedeel. Pistorius se gedenkdiens vind Donderdag, 6 Maart 2025, om 14:00 by die NG Kerk Falconridge plaas.
Comments