top of page
Search

Geen aanduiding oor wanneer kleuterskole weer sal open nie

VAALDRIEHOEK - Ouers en onderwysers van kleuters het die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling versoek om hulle te laat weet wanneer sentrum vir vroeëontwikkeling weer kan oopmaak. Die sentrums is weens die COVID-19-pandemie aan die einde van Maart gesluit. Die Departement het steeds geen inligting bekend gemaak oor wanneer kleuters weer kan terugkeer nie. Die woordvoerder van die Departement, Lumka Oliphant, sê die fasiliteite sal vir eers gesluit bly en indien die Minister ‘n besluit neem sal die aankondiging gemaak word.

FOTO: (SA Biz Guide)


24 views0 comments
bottom of page