Search

Geen brandstoftekorte word tans by vulstasies verwag na Natref tydelik sluit nie

SASOLBURG - Die olie- en brandstofmaatskappy, Sasol, sê Suid-Afrika het genoeg petrol en diesel, selfs noudat die land se laaste raffinadery nie in bedryf is nie. Sasol het Natref in Sasolburg in die Vrystaat gesluit, weens vertragings met die lewering van ruolie-vragte by die Durbanse hawe. Sasol sê in ‘n verklaring die land voer nou 80% van sy brandstof in. Die maatskappy soek na nuwe oliebronne en verwag Natref sal teen die einde van die maand op volsterkte bedryf word nadat dit vroeër opgeknap is teen ‘n bedrag van R45 miljard.

Intussen sê die Departement van Energie ook dat die land se petrol en diesel nie gaan opraak nie. Die departement se adjunk-direkteur-generaal van minerale en petroleumregulering, Tseliso Maqubela sê hulle verwag nie dat diesel en petrol grootliks geraak sal word nie, maar is wel bekommerd oor die impak wat dit op die beskikbaarheid van vliegtuigbrandstof gaan hê.

FOTO: (Verskaf)


3 views0 comments