VAALDRIEHOEK - Die minister van Vervoer, Sindisiwe Chikunga, sê daar sal geen verdraagsaamheid wees teenoor diegene wat in hierdie feestyd verkeersreëls oortree nie. Sy het gister die 2023/2024-feestyd se padveiligheidsveldtog amptelik in Tsakane aan die Gautengse Oos-Rand bekend gestel. Vanjaar se veldtog fokus op die uitwerking van alkohol op padgebruikers se gedrag en die bydrae tot die slagting op paaie. Gauteng se premier Panyaza Lesufi sê intussen ook verkeersbeamptes moet streng wees met motoriste wat drink en bestuur. Hy sê alkohol is een van die grootste oorsake van padongelukke in die provinsie en geen persoon wat agter n stuurwiel inklim, mag alkohol gebruik nie. Chikunga het ook n streng waarskuwing uitgereik aan misdadigers wat in hierdie feestyd motoriste langs die land se paaie terroriseer.
top of page
bottom of page
Comentários