Search

Geliefde Cormed dokter se gedenkdiens word môre gehou

VANDERBIJLPARK - Cormed Hospitaal het bekendgemaak sy spreekkamers sal môre-oggend vanaf 10:00 gesluit wees. Volgens Cormed is dit om die huldigingsdiens vir wyle dr. Marius Cloete by te woon. Die groep sê dr. Cloete was iemand wat almal wat saam met hom werk en hom ken inspireer het. Volgens Cormed het dr. Cloete ‘n vars uitkyk en briljante kennis gehad wat medisyne betref en sy besorgdheid oor sy pasiënte het hom geliefd gemaak. Medelye het ingestroom op sosiale media nadat die nuus van sy afsterwe bekendgemaak is. Dit is nog nie algemeen bekend wat die oorsaak was nie. Dr. Cloete se gedenkdiens sal op Vrydag 11 Maart vanuit River of Life Family Church in Vanderbijlpark gehou word, waargeneem deur Ps. Jean Lucas. Die doktersgroep sê sy heengaan laat ‘n groot leemte in die Cormed span.

Volg die skakel na die lewendige uitsending van die gedenkdiens: https://www.youtube.com/watch?v=JTDsValuIC8 FOTO: (Cormed)


622 views0 comments

press to zoom
TOP 100
TOP 100

press to zoom

press to zoom

press to zoom
1/5