Search

Geliefde rugbylegende van die Vaaldriehoek sterf aan COVID-19

VAALDRIEHOEK - SupaRugby sê Stefan Jacobs, wat al 15 jaar Vereeniging se 1ste span klubafrigter is, het oor die naweek weens COVID-19 gesterf. Volgens die nuuswebwerf is die 47-jarige Saterdagmiddag weens die siekte oorlede na hy vroeër die dag aan ‘n ventilator gekoppel is. Hy is glo as voorsorgmaatreël aan die einde van Mei gehospitaliseer. Jacobs het volgens SupaRugby die Vereeniging rugbyklub in meer as 50 wedstryde al verteenwoordig en het in die ou amateurera vir die Vaaldriehoek en die Valke op agsteman uitgedraf. Die Vereeniging Rugbyklub onthou hom as ‘n man wat rugby deur sy are laat loop het, gesag gehad het en ook werklik vir elke speler omgegee het. Volgens die klub is hulle rou en gaan hom mis, maar sal hule Jacobs altyd onthou en sy stories nog lank vertel. HTS Sasolburg, waar Jacobs in 1992 hoofseun was, het ook hulle medelye aan sy geliefdes oorgedra en gesê hy het diep spore in die Vaaldriehoek getrap. Jacobs laat sy vrou Marionette asook sy seun Stefan en dogter Simone agter.

FOTOS: (Facebook - SupaRugby, Vereeniging Rugbyklub)






18 views0 comments