VAALDRIEHOEK - Die Departement van Gesondheid sê die respiratoriese sinsitiale virus of RSV bereik tans ʼn hoogtepunt in die land terwyl griep-gevalle begin toeneem met die naderende winter. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die virus veroorsaak veral siektes in jong kinders, maar dra ook by tot asemhalingsiektes onder ouer mense. Hy moedig mense aan om hulle teen griep te laat inent.
FOTO: (Verskaf)
Comments