top of page
Search

Gesondheidsdepartement sê hofuitspraak baan weg vir ontplooiing van NGV

VAALDRIEHOEK - Die Departement van Gesondheid sê hy het die reg om voort te gaan met planne om die openbare gesondheidstelsel te verbeter ten einde aan die behoeftes en eise van die bevolking te voldoen. Dit volg nadat die Gautengse Hooggeregshof Solidariteit se aansoek van die hand gewys het om die departement se tak vir die Nasionale Gesondheidsversekering te skrap. Die vakbond het aangevoer die tak moet eers gestig word nadat die NGV-wetsontwerp onderteken is. Die departement sê die hofuitspraak stel hom in staat om voorbereidings te tref vir die ontplooiing van die NGV.


7 views0 comments

Comments


bottom of page