Gesondheidsminister waarsku Suid-Afrikaners teen paniek oor Omikron-variant
VAALDRIEHOEK - Die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om nie paniekerig te raak nadat die nuwe Covid-19-variant, Omikron, in die land opgespoor is nie. Hy het die media toegespreek oor die land se gereedheid om op die variant te reageer nadat dit die eerste keer in Botswana opgespoor is. Dit bevat ‘n groot aantal mutasies wat immuniteit kan aantas. Phaahla sê wetenskaplikes sal binnekort meer antwoorde verskaf oor hierdie variant.
‘n Epidemioloog en lid van die Afrika-Covid-19-taakspan, professor Salim Abdool Karim, sê intussen dat soos vorige variante kan die Omikron-variant die doeltreffendheid van entstowwe beïnvloed. Dit sal waarskynlik lei tot ‘n verhoging in herbesmettings. Karim het deelgeneem aan ‘n media-inligtingsessie oor die verspreiding en die uitwerking van die nuwe variant. Karim sê COVID-19-gevalle neem wêreldwyd toe en ‘n vierde vlaag kan dalk op ‘n globale vlak betree word. Hy sê daar moet uitgewerk word hoe variante hanteer sal word wanneer dit voorkom soos in die geval met Omikron.
FOTO: (Verskaf)
