Search

Gesoute 90.6 FM aanbieder hang sy oorfone na 25 jaar op

Na 25 jaar agter die mikrofoon, sal Marius Dreyer sy oorfone en mikrofoon ophang. Hy het in 1995 aangesluit by die 90.6 / VCR span as aanbieder van die gewilde "Afrikaanse Top 30" program op ‘n Sondagmiddag, waarna hy beheer oor die stasie se Buite-Uitsaaieenheid geneem het. Hy het later nog ‘n baie gewilde program, “Ken Jou Kunstenaar” aangebied waar hy onderhoude gevoer het met die room van Suid-Afrikaanse kunstenaars. Hy het in hierdie program ook blootstelling gegee aan nuwe, talentvolle kunstenaars in die Vaaldriehoek. Hy het daarna die geleentheid gekry om die ontbytprogram "Morning Mix @ 6" vir die afgelope 10 jaar aan te bied, waarna die Vaal met genot geluister het. Marius het altyd die stasie se naam hoog gedra en was 'n groot ambassadeur vir VCR / 90.6 FM. Hy sal nou 'n agtersitplek neem, maar sal steeds by die stasie betrokke wees. Marius. Ons bedank jou vir al die herinneringe, lag en die persoon wat jy vir ons, die radiostasie en die luisteraars is, asook al die mense wat jy oor die jare aangeraak het.

FOTO: (90.6 FM Stereo)


11 views0 comments