Search

Gift of the Givers bied hulp aan vir matrieks wat bekommerd oor uitslae is

VAALDRIEHOEK - Die humanitêre organisasie Gift of the Givers het alle matrieks wat bekommerd is oor hul uitslae en hul toekoms, genooi om hul hulplyn te bel waar ‘n span hulle sal ondersteun. ‘n Woordvoerder sê dis normaal om onseker en selfs bekommerd te voel oor hierdie mylpale. Sy sê die hulplynspan sal simpatieke en betroubare ondersteuning verleen. Gesprekke kan per telefoon, e-pos of Zoom gedoen word van Maandag tot Vrydag van 09:00 in die oggend af. Die hulplynnommer is 033 3450163 en die e-posadres is careline@giftofthegivers.org

FOTO: (Gift of the Givers)


8 views0 comments