Goeie nuus vir petrol- en dieselpryse in Februarie
VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoekers en ander Suid-Afrikaners kan uitsien na verdere petrol en diesel prysverlagings in Februarie. Die weeklikse brandstofprysvoorspelling van die Sentrale Energiefonds wys voorlopig dat die prys van petrol en diesel na verwagting volgende maand sal daal. Die prysvoorspelling is dat petrol, beide 93- en 95-oktaan, met 87c per liter sal daal. Diesel sal met tussen R1.42 en R1.58 per liter daal. Paraffien sal R1.12 goedkoper wees.
FOTO: (Verskaf)
