Search

Golden Triangle Chamber of Commerce spreek President Ramaphosa in Sharpeville toe

VAALDRIEHOEK - Die voorsitter van die Golden Triangle Chamber of Commerce, Klippies Kritzinger, het vandag van die geleentheid gebruik gemaak om President Cyril Ramaphosa by die Presidensiële Imbizo in Sharpeville, Vaaldriehoek, toe te spreek. Verskeie ministers woon die geleentheid by waartydens dienslewering- en ander kwessies aangeraak word. Gautengse Premier David Makhura, sowel as Minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, is onder die sprekers wat die gehoor en die president vanoggend toegespreek het, voordat geleentheid gegee is vir gemeenskapslede om hulle griewe te lig. In ‘n video wat aan die 90.6 FM Nuusspan via WhatsApp gestuur is, het Kritzinger namens besighede in die Vaaldriehoek gesê dat besighede in die omgewing regstaan om Emfuleni en Sedibeng te ondersteun. Hy sê egter hulle dink die munisipaliteit moet ook hulle kant bring. Kyk die aangehegte video vir meer:


6 views0 comments