Search

Gr.7 leerling toets positief vir COVID-19 by Laerskool Totius

BREKENDE NUUS - Laerskool Totius in Vanderbijlpark het vandag bevestig dat een van hulle Gr. 7 leerlinge positief vir COVID-19 getoets het. Volgens ‘n brief, onderteken deur die skoolhoof, Mnr. M.K Erasmus, is die skool op 30 Junie daarvan verwittig. Die leerling is egter reeds vanaf 25 Junie by die huis nadat een van die gesinslede simptome begin toon het. Die hele gesin is toe getoets en het in self-isolasie gegaan. Erasmus sê hulle wil dit duidelik stel dat die kind nie die virus by die skool opgedoen het nie. Hy sê die regte protokol is deurlopend gevolg en die skool sal nie sluit voordat die nodige toestemming van die Gesondheidsdepartement en die Distriksdirekteur ontvang is nie. Tans sê die skool dit lyk in die stadium nie nodig om te sluit nie, maar as hulle ander instruksies ontvang sal hulle ouers dadelik in kennis stel. Die skool het ‘n beroep gedoen op mense om nie valse inligting op sosiale media te versprei nie, omdat dit onnodige paniek veroorsaak.

FOTO: (Laerskool Totius)



3 views