Graad 1- en 8-ouers in Gauteng kan hul voorkeurtaal van leer kies.
VAALDRIEHOEK - Die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, het aangekondig ouers en pleegouers van leerders in Graad 1 en 8 word nou toegelaat om hulle kinders se taalvoorkeur vir onderrig te kies. Die LUR het die media ingelig oor die proses en ouers ook aangeraai om ‘n skool te kies wat deel is van hulle voedingsgebied. Chiloane sê instapsentrums is vir ouers opgerig wat hulp nodig het. Die aansoekproses vir volgende jaar is oop van 15 Junie tot 7 Julie.

