Search

Graad 12 Driehoek leerling sterf in ‘n ongeluk

VAALDRIEHOEK - ‘n Graad 12 leerder aan Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark het oor die naweek in ‘n ongeluk gesterf. Die skool het gister in ‘n Facebook-inskrywing bevestig dat Shelby van Wyk eergister in ‘n ernstige ongeluk gesterf het. Hoërskool Driehoek het sy sterkte en medelye aan die leerling se vriende, onderwysers en familie in die tyd meegedeel. Volgens die inskrywing het Jané Vorster ook ernstig seergekry in die ongeluk. Die skool sê sy is tans in die Unie hospitaal in Alberton opgeneem.

FOTO: (Hoërskool Driehoek)


42 views0 comments

Recent Posts

See All