Search

Groen Skerpioene besoek Emfuleni munisipaliteit na klag van VF Plus

VAALDRIEHOEK - Die VF Plus het vroeër vandeesmaand die Groen Skerpioene van die Gautengse departement van omgewingsake vergesel tydens ‘n ondersoek na omgewingsbesoedeling, gesondheidsgevare, onwettige storting van gevaarlike afval en die vryelike vloei van onverwerkte riool na die Vaalrivier. Die VF Plus Raadslid Gerda Senekal sê in ‘n verklaring die party het in Mei ‘n klag ingedien by die Groen Skerpioene en het gevra vir ‘n ondersoek na die besoedeling van die Vaalrivier weens riool wat vanuit stukkende rioolaanlegte die rivier binnestroom.Die Groen Skerpioene het onderneem om binne 30 dae sy bevindinge en aanbevelings bekend te maak. Senekal sê die party het ook op 28 Mei ‘n strafregtelike klag by die Vanderbijlpark-polisiekantoor ingedien teen die hoofadministrateur van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit, Gilberto Martins, weens die oortreding van die Nasionale Waterwet, die Nasionale Omgewingsbestuurswet en veral Artikel 24 van die Grondwet.Sy sê die VF Plus is tevrede dat daar nou uiteindelik opgetree word om Emfuleni se administrateur en sy span verantwoordbaar te hou vir die wanbestuur van die munisipaliteit.

FOTO: (VF Plus)



2 views0 comments