top of page
Search

Groepsgeding begin in Suid-Afrika teen Johnson & Johnson

VAALDRIEHOEK - R-H Prokureurs en die prokureur Richard Spoor het met ‘n groepsgeding teen die farmaseutiese reus, Johnson en Johnson, en die Deense vervaardiger van mediese toerusting, Coloplast en Ethicon, begin. Hulle eis vergoeding vir Vaaldriehoek-en- Suid-Afrikaanse vroue wat gebrekkige bekkenmaastoestelle laat inplant het en gevolglik benadeel is. Johnson en Johnson het reeds groepsgedinge in Australië en Amerika verloor oor beserings wat deur sy toestelle veroorsaak is. Die toestel is ontwerp om interne ondersteuning te bied om urinêre inkontinensie en die verplasing van bekkenorgane te behandel.

Foto: (VERSKAF)


3 views0 comments
bottom of page