Search

Groot brandstofprys styging vir Julie

VAALDRIEHOEK - Die Automobiel Assosiasie verwag 'n aansienlike brandstofprysstyging vanaf Woensdag. Die AA sê syfers dui daarop dat petrol én diesel met sowat R1.73 'n liter duurder sal word. Parafien sal R2.14 sent meer kos. Die AA het gereageer op syfers wat nog nie geoudit is nie. Die woordvoerder sê die styging is egter minder as die verlaging wat die afgelope maande weens die coronaviruspandemie ervaar is. Die verwagting is dat oliepryse sal voortgaan om te styg.

FOTO: (Verskaf)



14 views