Search

Groot kommer oor nuwe plan vir ‘n verpligte pensioen- en versekeringstelsel in SA

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoekers en ander Suid-Afrikaners word aangemoedig om kommentaar te lewer oor ‘n moontlike verpligte pensioen- en versekeringstelsel. Daar heers groot kommer oor die regering se nuwe plan om die verpligte pensioen- en versekeringstelsel in te stel, wat sal beteken dat werkgewers en werknemers tot soveel as 12% van hul inkomste aan ‘n staatsbeheerde nasionale maatskaplike sekerheidsfonds moet betaal. Die Department van Maatskaplike Ontwikkeling sê die Covid-19-krisis het die bestaande leemtes uitgewys en die regering genoodsaak om met ‘n plan vorendag te kom. Die stelsel is daarop gemik om te verseker alle werkers het toegang tot voldoende maatskaplike sekerheidsreëlings. Die nasionale fonds vir maatskaplike sekerheid (NSSF) word geopper in ’n groenskrif wat dié week in die Staatskoerant gepubliseer is. Soos berig is, is dit nog net ’n voorstel. Die publiek kan tot Desember nog op die groenskrif kommentaar lewer, en word aangemoedig om hulle sê daaroor te sê.

Volg die skakel na die Groenskrif: https://www.scribd.com/document/520807186/NSSF… OF https://businesstech.co.za/…/uploads/2021/08/Green-Paper.pdf FOTO: (Verskaf)







22 views0 comments