Search

Groot styging in die prys van olie

VAALDRIEHOEK - Die prys van sonneblomolie het die afgelope twee maande met 55% gestyg en canola-olie met 40%. Business Insider berig die verhogings sal eers in die volgende 30 dae op kleinhandelaars se rakke begin weerspieël. Kommersiële direkteur van SOILL, Morne Botes, sê verbruikers kan verwag dat die prys van ‘n 2-liter-olie tussen R99,99 en R119,99 sal wees. Die Russiese inval in die Oekraïne het die pryse van verskeie noodsaaklike kommoditeite laat styg, insluitende olies soos sonneblomolie. Die oorlog het ook uitgebreek tydens die Oekraïne se kritieke Maart/April-plantseisoen, wat swak pryse vir 2023 verder gaan verhoog. Alhoewel Suid-Afrika groente-olie produseer, lewer dit nie genoeg om aan die plaaslike vraag te voldoen nie.

FOTO: (Verskaf)



30 views0 comments