Search

Gun Free South Africa moedig Suid-Afrikaners aan om hul opinie oor voorgestelde wapenwette te gee

VAALDRIEHOEK - Gun Free South Africa doen ‘n beroep op strenger wapenbeheer. Vaaldriehoek en ander Suid-Afrikaanse belanghebbendes het nog kans om hulle opinie te lug oor ‘n voorgestelde wetsontwerp wat persoonlike wapeneienaarskap sal verbied. Die Parlement se polisiëringportefeulje het verlede week die indiening van die gewysigde Vuurwapenbeheerwet vertraag, wat meer tyd vir besprekings moontlik gemaak het.Gun Free SA direkteur, Adele Kirsten, sê daar moet druk op die regering geplaas word om gemeenskapskonsultasie te doen. Sy sê Suid-Afrikaners wat belangstel om deel te neem aan die proses kan vir hulle ‘n epos stuur na info@gsfsa.org.za. Kirsten sê jy kan as ‘n individu ook terugvoer gee, maar dit is baie meer kragtig en doeltreffend as ‘n gemeenskap of groep van bekommerde individue in jou gemeenskap saam reageer.

FOTO: (Verskaf)


8 views0 comments