Search

Haarkappers en skoonheidskundiges mag nou wettig werk

VAALDRIEHOEK - Haarkappers, skoonheidskundiges and tatoeëerders in formele en informele salonne kan nou weer wettig begin werk. Dit volg ná Vrydag se afkondiging van nuwe regulasies in die Staatskoerant. Streng vereistes oor higiëne geld, met bykomende bepalings wat spesifiek op haarsalonne, nael- en gesigsbehandelings, liggaammasserings en tatoeëring van toepassing is. Dit sluit in die handhawing van sosiale afstande, die was van voorskote na elke kliënt en die dra van nitriel-handskoene by tatoeëersalonne.

FOTO: (Verskaf)



7 views