Search

Herinstelling van verbod op die verkoop van alkohol is fopnuus

VAALDRIEHOEK - Weidverspreide boodskappe wat op sosiale media versprei is, wat aandui dat die Nasionale Koronavirus-kommissie oorweeg om die verbod op die verkoop van alkohol weer in te stel, is fopnuus. Die regering het bevestig dat hulle nie van plan is om op hierdie stadium weer 'n landwye verbod op die verkoop van alkohol in te stel nie. Woordvoerder van die presidentskap, Khusela Diko, het gister bevestig dat geen sulke oproepe op hierdie stadium voor die Nasionale Koronavirus-kommissie voorgelê is nie. Woordvoerder van Samewerkende Regering, Mlungisi Mtsal, het ook bevestig dat hy nie bewus is van enige planne om die alkoholverbod weer in te stel nie.

FOTO: (Verskaf)



21 views