Search

Hersiene skoolkalender vir 2020 aangekondig

VAALDRIEHOEK - Die 2020-skooljaar gaan op 15 Desember vir graad R- tot 11-leerders eindig, terwyl die uitslae van die graad 12-eksamens op 23 Februarie 2021 bekend gemaak gaan word. Volgens die jongste hersiene skoolkalender wat deur die Departement van Basiese Onderwys bekend gemaak is, bly daar 163 skooldae vir onderwysers 156 dae vir leerders oor. Die nuwe skooljaar sal op 25 Januarie 2021 vir onderwysers begin en paar dae later vir leerlinge. Die nuwe kalender gaan vroeg volgende week afgekondig en in die staatskoerant gepubliseer word.

FOTO: (Verskaf)



85 views