top of page
Search

Herstelwerk aan die Rietspruitbrug begin volgende week

VANDERBIJLPARK - Die VF Plus sê hy neem kennis van die Gautengse departement van paaie en vervoer se besluit om volgende week te begin met herstelwerk aan die Rietspruitbrug. Die brug is in Februarie verlede jaar vir verkeer gesluit nadat die brug deur oorstromings beskadig is. Volgens die departement sal dit sowat R5-miljoen kos om die brug te herstel. Inwoners aan die westekant van Vaaloewer moes in die jaar ompaaie ry om Vanderbijlpark te bereik. Baie kinders wat hier woon, is in Vanderbijlpark op skool. Die plaaslike gemeenskap het ná die oorstromings ingespring om die pad na die laagwaterbrug wat in 1922 gebou is, vir verkeer begaanbaar te maak. Swaar voertuie kan die pad nie gebruik nie weens ʼn gewigsbeperking. Die pad kon ook nie na swaar neerslae gebruik word nie omdat die laagwaterbrug oorstroom. Die VF Plus sê hy sal herstelwerk aan die pad dophou wat volgens die departement in Mei vanjaar voltooi sal wees.


14 views0 comments

Comentários


bottom of page