Search

Herstelwerk aan ondersese internetkabel, wat SA internet stadig maak, binnekort afgehandel

VAALDRIEHOEK - Vaaldriehoekers wat ook die stadiger internet in SA ervaar, kan verlig wees dat dit van korte duur sal wees. ‘n Kabelherstelvaartuig is onderweg om die breuk in die ondersese kabel te herstel wat internet-konnektiwiteit in Suid-Afrika teen ‘n slakkepas laat beweeg. Die goeie nuus is dat die herstelwerk teen die vierde van volgende maand klaar sal wees. RENalerts berig dat die breuk tussen die Verenigde Koninkryk en Portugal lê. Die fout met die SAT3-kabel aan die Weskus waarna nog ‘n herstelskipvroeg in Maart vertrek het, sal nou eers op die tweede van volgende maand voltooi wees. Dit beinvloed ook internetvoorsieners se netwerke.

FOTO: (Verskaf)


15 views
Listen Live.jpg