top of page
Search

Hoë voedselinflasie is merkbaar in die verkope en verbruik van eiers

VAALDRIEHOEK - Volgens die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging sukkel eierprodusente om te oorleef omdat hoë inflasie ʼn negatiewe uitwerking het op hulle produk. ʼn Woordvoerder van die vereniging, Abongile Balarane sê stygings in die prys van brandstof en elektrisiteit, asook duurder hoenderkos vererger net die situasie. Hy sê hoewel eiers beskikbaar is in winkels kan verbruikers dit nie bekostig nie. Intussen waarsku Agri SA verbruikers dat die prys van sekere stapelvoedselprodukte kan styg terwyl beurtkrag sy tol eis op die landbousektor. Christo van der Rheede van die organisasie sê ‘n groot kwessie is die bekostigbaarheid van voedsel ten spyte van grootskaalse produksie. Hy sê kragonderbrekings het ‘n uitkringeffek op vee- en saaiboere wat tot ongekende voedselonsekerheid kan lei. Van der Rheede voeg by die besproeiing en berging van bederfbare produkte, insluitend melk, is ‘n probleem. FOTO: (Verskaf)


2 views0 comments
bottom of page