Search

Hoërskool Driehoek herdenk drie jaar sedert die brugramp op 1 Februarie 2019

VANDERBIJLPARK - Dit is vandag reeds drie jaar na die Hoërskool Driehoek brugramp op 1 Februarie 2019 die gemeenskap van Vanderbijlpark en die land geruk het. Vier leerlinge – Royden Olckers, Jandré Steyn, Marli Currie en Marnus Nagel – het gesterf toe ‘n loopbrug ineengestort het na ‘n saalbyeenkoms. Meer as 20 ander is beseer. Die skool was vir twee weke na die ramp gesluit gewees. Daarna het skoolkinders in tente op die sportterrein vir 'n aantal weke klasgeloop terwyl ondersoeke gedoen is na ander moontlike swakplekke in die skoolgebou. Die skool het vandag fotos op hul sosiale media blad gelaai van ‘n spesiale opening wat gehou is om die dag te herdenk. Die foto's toon ook dat kranse neergelê is by die vlekvrye-staalkunswerk genaamd “Trinity” wat op die 1-jaar herdenking van die tragedie by die skool onthul is.

FOTOS: (Hoërskool Driehoek)









22 views0 comments