Search

Hof beslis dat kleuters weer kan terugkeer skool toe

VAALDRIEHOEK - Solidariteit sê hulle is bly dat die hooggeregshof in Gauteng beslis het dat private kleuterskole en dagsorgsentrums onmiddellik kan heropen as hulle voel dit is veilig om dit te doen. Die Solidariteit Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers en die Solidariteit-ondersteuningsentrum vir skole, ook bekend as SOS, het ‘n saak teen die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling aanhangig gemaak nadat geen aanduiding gegee is oor wanneer die instellings weer sou open nie. Die hoof van Nillike Arbeidspraktyke by Solidariteit, Anton van der Bijl, sê dit is ‘n uitstekende oorwinning vir Solidariteit en al die kleuterskole in Suid-Afrika. Die woordvoerder van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, Lumka Oliphant, sê die Departementsal ‘n verdere verklaring aflê sodra die vonnis bestudeer is.

FOTO: (Verskaf)


8 views