
Huis brand in Unitaspark, maar Emfuleni brandweer is gestrand sonder diesel
UNITASPARK - ‘n Brand het vanoggend by ‘n huis in Unitaspark, Vereeniging uitgebreek. Volgens gerugte kon Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se Brandweer-afdeling nie bystand bied nie want hulle het nie diesel nie. Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se brandweer het wel op die noogeval gereaggeer. Volgens Klippies Kritzinger, President van GTCOC het die gemeenskap die vuur onder beheer gekry voor die brandweer opgedaag het. FOTO's: (Verskaf)
